Skep my eie droomland, 'n Wonderwerk wêreld Wek my eie energie op, maar kom nooit nêrens Voorgee vergifinis vernietig my siel Ek moet twee keer kyk om myself in die spieël te sien My mure hoog gebou, oorlewingsmeganisme melodie Vreemde verandering, breek nie bande nie Somer sonder sondes lanklaas gesien Jou groenhuisgasse verlaat nie my atmosfeer nie Middelklas Middelman My middelvinger vasgevang Middelklas Middelman My middeljare misbeplan Kaalvoet kunsprojek, nou net normaal Skakel in die sterrestelsel, noemingswaardig neutraal Teveel terugslae trotseer sonder rede Ek moet ophou vasklou aan 'n gebroke verlede Werk ek vir 'n lewe, of lewe ek vir 'n werk? Die dae is genommer, vervaldatums beperk Die drome dreun soos n brander Ek sukkel steeds om te verander. Middelklas Middelman My middelvinger vasgevang Middelklas Middelman My middeljare misbeplan
Submitted on: December 10, 2018
© Lyrics.com